Lomography Spinner 360 (Afrikaanse Weergawe)

Vanaf ek my Spinner gekry het, het ek probeer om ’n regte mal foto te neem.

Credits: latella

Die foto bo wys ’n paar van my mal idees, Die foto was buite my kar geneem, ek was in ’n bewegende kar. (Hou net styf vas so dat die kamera nie uit jou hand uit vlieg nie!!)

Ek is so lief om die toutjie te trek en partykeer hoor jy die pieng van die metaal ringetjie terug ruk. Jy moet maar net met dit speel, want baie keer sal dit nie heel rondom draai nie. Die heel beste part is dat jy nie eintlik weet of jou rol al klaar is of nie. Die beste ding om te doen is om altyd ’n ekstra rol by jou te hou.

Maak altyd seker jy dra dit by jou, een keer het ek dit by die huis gelos, en toe ek uitgegaan het, het ek die beste geleentheid gehad om ’n mal foto te neem!!

Ek moes met die lig werk, partykeer hou die film en die lig nie van mekaar nie, maar dis al part van die lekkerheid. Ek het eintlik twee van hulle gekoop, ek het geweet jy kan die beste en regte mal fotos kry wanneer jy met ander mense speel.

My dubbel spin kiekies

Credits: latella

Die twee was nog beter:

Credits: latella

Mal oor hierdie:

Credits: latella

Ek kan nie wag om nog te doen nie. Ek probeer op die oomblik om die rol wat ek nou gebruik, klaar te maak want ek het moerse oulike foto’s geneem.

Baie Liefde

Oorspronklike Artikel wat hier in Afrikaans vertaal is

written by latella on 2011-04-20